My native language is Afrikaans. One of the youngest and most modern languages in the world! On May 8, 2025, Afrikaans will celebrate its 100th year of being an officially recognised language in South Africa. But its history dates back to 1671 when the Dutch recorded that the language spoken in their Cape Colony no longer resembled the language they spoke at home.

When I started this blog, I translated many of my articles into English. But some are bound to the idiom used in Afrikaans, and without this idiomatic context, the reader cannot understand what I mean. For instance, I cannot translate "En ekke vir jou" into English. The direct translation would be: "And I for you", which makes no sense. (The protagonist actually meant: "And I love you too!")

Dutch readers, however, should be able to follow most of the text. If you did, share it with your friends on Facebook or contact me. It is always lovely to get some feedback.

Affie Vriendskap

© J. Francois Barnard - 4 Junie 2022

Tussen 1978 en 1982 het ons skouergeskuur en vriendskapsbande gesmeë wat vandag, meer as veertig jaar later, nog steeds gekoester en onderhou word. As die laaste jaargroep van die sogenaamde Baby Boomer generasie, het ons 'n geweldige verskeidenheid eras en seisoene beleef.

affiesOns kinders en kleinkinders ken nie woorde soos "rottang" en "gatvel" nie. Ook nie "kadette" en "diensplig" nie. 'n "Belleryna" wat jou help om 'n geleentheid tussen jou huis en jou weermagkamp te kry, is 'n vreemde konsep. As jy jou huiswerk by die huis vergeet het, kon jy nie jou ma van jou selfoon af skakel nie. Jy moes maar buk en jou pakslae vat. Dit was ons tyd van sunny skies, braaivleis, & Cheverolet.

Ons het na ABBA geluister, maar nie na Chris de Burgh se Spanish Train nie, want dit was verban. Queen het I wanna break free gesing, en dit het baie betekenis gekry in die menasie waar ek in Desember 1983 in 'n snikhete Bloemfontein vasgevang was.

Dit was dieselfde tyd wat sommige van ons Angola binnegedring het met Operasie Askari. Ek was eers ses maande later 61 Meg Bn toe.

Die 1970s en 80s was 'n intense tyd waartydens ons onsself voorberei het vir ons volwasse lewens - en vandag vra ek: Wat hou ons vandag daarvan oor? Wat kan ek en jy vandag wys vir die tyd wat ons saamgegooi was in klaskamers en weermagkampe?

Ek is vandag dankbaar vir die vriendskappe wat van daardie tyd af kom, maar meer nog vir die vriendskappe wat tussen ons ontwikkel het tydens die laaste twintig jaar. Die ongeveer 160 Affies wat in 1982 gematrikuleer het, het nie almal mekaar so goed geken soos wat nou die geval is nie. Daar het na skool 'n broederskap ontwikkel tussen ons, en die vreugdes en medelye wat ons deel in ons goeie en swaar tye het 'n kosbare kleinnood geword.

Laat daar Lig wees!