Eendracht maakt mij lacht!
© J. Francois Barnard – 1 Mei 2014
Doerie jare, toe Vanmelewe nog Onlangs was, toe die Dooie See nog net siek was, en die Apostolies nog 'n sekte was....
Was jou party SAP of NAT;
Jou kerk Gatjeponder of Dopper;
Jou oupa 'n landheer of 'n bywoner;
Jou huis in die bo-dorp of die onderdorp;
Jou mouterkar 'n Ford of 'n Chev;
Jou petrol BP of Shell;
Jou olie Castrol of Havoline;
Jou bike BSA of Harley;
Jou polis by Sanlam of Old Mutual;
Jou bankrekening by Volkskas of Barclays;
Jou huisverband by Saambou of United;
Jou vakansie in die Bosveld of by die see;
Jou rugbyspan Noord-Transvaal of WP;
Jou radio Springbok of LM;
Jou supermark OK of Checkers;
Jou bier Castle of Lion;
Jou brandewyn KWV of Klipdrift;
Jou mix Coke of Pepsi;
Jou tjoklit Cadbury of Nestle;
Jou swiets drop of toffies;
Jou toebie Marmite of Bovril;
Jou tjips Simba of Willard;
Jou brêkfis Pro-Nutro of Weetbix;
Jou seep Surf of Omo;
Jou musiek jazz of pop;
Jou simpatie by die Republieke of die Kolonie;
Jou skool Grey College of Affies;
Jou ambag by die Spoorweg of Yskor;
Jou alma mater Tuks of Maties;
Jou medisyne Borstol of Kasterolie;
Jou siekte gout of rumatiek;
En helaas, ten einde was jy in die hande van Grobbelaars of Avbob...
Maar ironies is alle Afrikaners dit eens: Ons leuse bly “Eendracht maakt Macht”!
Contact me





