My native language is Afrikaans. One of the youngest and most modern languages in the world! On May 8, 2025, Afrikaans will celebrate its 100th year of being an officially recognised language in South Africa. But its history dates back to 1671 when the Dutch recorded that the language spoken in their Cape Colony no longer resembled the language they spoke at home.

When I started this blog, I translated many of my articles into English. But some are bound to the idiom used in Afrikaans, and without this idiomatic context, the reader cannot understand what I mean. For instance, I cannot translate "En ekke vir jou" into English. The direct translation would be: "And I for you", which makes no sense. (The protagonist actually meant: "And I love you too!")

Dutch readers, however, should be able to follow most of the text. If you did, share it with your friends on Facebook or contact me. It is always lovely to get some feedback.

Protokol

© J. Francois Barnard – 9 Augustus 2021

In elke groepering waar ons beweeg, kyk ons wat om ons aangaan, en tel ons die protokol van die omgewing op. Dan tree ons op binne die riglyne wat ons vind, en meestal verloop die lewe vredevol. Dit is die teorie, maar soms in praktyk werk dit anders.

Maar kom ons praat nie vandag oor die protokol van jy sal nie steel nie, en jy sal nie hoogverraad pleeg nie – jy weet mos, al daardie protokol wat ons parlement van vergeet het.

domineeKlein Marthinus Johannes se pa was 'n dominee. Sy pa het kerkprotokol geken en gevolg - volgens die Boek en die boek – aldus die Bybel die kategismusboek.

Een Sondagoggend sit Marthinus Johannes weer langs sy ma en swaai sy beentjies heen-en-weer onder die kerkbank. Hy is 'n oplettende knapie, en mis niks van wat op hom aangaan nie. Die orrel speel sag en gewyd.

Toe die kerkklok nege uur aankondig hou die orreliste op met speel, kyk om na die deur links van die kansel en sien hoe Dominee, klein Marthinus Johannes se pa, die deur oopstoot en instap. Agter hom volg die hoofouderling en aan die ander kant, op dieselfde oomblik, maak die hoofdiaken daardie deur oop. Die orrel trek weer weg met 'n dawerende lied van Bach, en die ouderlinge en diakens marsjeer in.

Marthinus Johannes kyk links en regs na die ooms in swart gekleë met wit dasse aan. Toe daar twee rye soos pikkewyne regop staan, gaan sit hulle almal gelyk dat hulle kerkbanke kraak. Die eerste deel van die protokol is afgehandel.

Intussen het Dominee, Marthinus Johannes se pa, links afgeswaai kansel se kant toe. Hy het stadig en waardig teen die kansel se trap opgeklim, en halfpad gaan staan. Daar buig hy sy hoof en maak sy oë toe. Marthinus Johannes kan tot by twintig tel voordat sy pa sy reis voortsit teen die trap op.

Die eerste gesang en die Wet volg. Daarna nog 'n gesang en dan Dominee se preek. Volgende is dit tyd vir kollekte, nog 'n gesang, 'n seënwens van die kansel af, en alles is verby.

Tydens middagete vra Marthinus Johannes sy pa uit oor die protokol. Hoekom dra hulle almal swart klere? Hoekom wit dasse? Hoekom loop en sit hulle almal so saam? Hoekom het die tannie by die orrel 'n Ford se truspieëltjie waarin sy loer? Hoekom…?

Die vrae hou nie op nie, en Dominee antwoord almal geduldig.

"Maar Pa, hoekom stop Pa halfpad op die trap?"

"Ek bid, my kind," antwoord Dominee, "ek vra die Here om my te help met my preek."

"Nou hoekom het Hy Pa nie gehelp nie?"