My native language is Afrikaans. One of the youngest and most modern languages in the world! On May 8, 2025, Afrikaans will celebrate its 100th year of being an officially recognised language in South Africa. But its history dates back to 1671 when the Dutch recorded that the language spoken in their Cape Colony no longer resembled the language they spoke at home.

When I started this blog, I translated many of my articles into English. But some are bound to the idiom used in Afrikaans, and without this idiomatic context, the reader cannot understand what I mean. For instance, I cannot translate "En ekke vir jou" into English. The direct translation would be: "And I for you", which makes no sense. (The protagonist actually meant: "And I love you too!")

Dutch readers, however, should be able to follow most of the text. If you did, share it with your friends on Facebook or contact me. It is always lovely to get some feedback.

Thom met een “Tei” en een “Ha”

© J. Francois Barnard – Junie 2013

“Ik ben Thom Postma, met een 'Tei' en een 'Ha'!”, het Thom homself aan Pa voorgestel. Dit was in die middel vyftigerjare waar Pa as 'n jong meganiese ingenieur by die Spoorweg begin werk het.

Thom was 'n meganiese tekenaar vars uit Holland gewees. Hy verduidelik sy teenwoordigheid in Suid Afrika op Engels: “And I said to Mr Emsley, Mr Emsley, I joined the Railways because I'm interested.”

Die kort mannetjie se humeur en kleurvolle uitbarstings het tot gevolg gehad dat hy telke male die slagoffer van een of ander poets was wat sy kollegas hom gebak het. Pa het natuurlik die voortou daarmee geneem.

Die details van die poetse kan ek nie onthou nie, maar Thom se woorde het Pa so baie vir ons vertel dat ek dit nooit sal vergeet nie.

“Jan!”, skree Thom eendag verontwaardig, “Ik zal je slaan dat je tanden twee-twee op het ritme van de Wilhelm mars in je keelgat afmarsjeer en je ziel door de traliewerken van je ribbekast koekeloeren!”

Pa en sy kollegas het op die vloer rondgekruip soos hulle gelag het.

'n Jong vakleerling maak eendag droog, en Thom sug moedeloos: “Mag een zwarte, harige hond in je keelgat afkruip en op je hart gaat zitten dat je ziel in de eeuwige verdoemenis blaffen!”

Thom was 'n harde werker, en kon luiheid nie verdra nie. As iemand rondgestaan het met niks om te doen nie het hy hom gou aangepor: “Voor wat sta je daar met je vinger in je neus snot te vreten? Je bent net zo een donderse grote loafer als het Statue of Liberty!”

Jare later was Pa al afgetree en op sy plaas. Ons het nooit weer iets van Thom gehoor nie, behalwe Pa se vertellinge.

Hier in die 1990's loop my broer Adam in Burnettstraat af verby Hatfield Galleries. Hy sien 'n kort mannetjie peil reg op hom af. Eers wou hy links verby, maar die mannetjie mik ook soontoe. Draai hy regs, dan draai die mannetjie ook. Toe hy by hom kom steek die mannetjie sy hand uit om te groet: “Hallo Jan!”

“U moet Meneer Thom Postma wees. U verwar my seker met my pa, Jan Barnard?”, sê Adam.

“Ik wilde zeggen de postuur is iets anders, maar het gezicht is helemaal hetzelfde!”, antwoord hy.

Alhoewel dit die eerste keer was wat hulle ontmoet het, kon hulle soos ou bekendes gesels. Suid Afrika se immigrante uit die jare 50 en 60 het gehelp om dit 'n kleurvolle plek te maak.