"Dankie?" Of "Ag, Nee?"
© J. Francois Barnard – 29 September 2026
Ek sit hier in Montanapark agter my rekenaar in die duisternis en werk. Die omsetter en sy battery moet nou net hou. Langsaan raas die Vannemerwes se kragopwekker al.
'n Oproep kom van Thea af. Die Wilgers, Equestria, en Menlyn is ook sonder krag. Marais, Phillo en Quitin praat van die torings wat deur die weerlig uitgeslaan is. Daar is 67 alarm-kennisgewings op Ruijie Cloud - sprekend van my 31 Wi-Fi installasies wat swaartrek.
Dit reën nou. Die kragopwekker se dreun word uitgedoof deur die geruis van baie water wat op ons neerdaal.
Soos seëninge.
En ek sê liewer dankie. Dis ligter op die siel. Dit vat minder energie uit my uit as al die moeilikheid.
Die dakkie oor die voordeur lek soos 'n sif en ek hoor hoe die water die teëlvloer op die stoep tref. Dit is ook goed. Ons kry reën en ons is dankbaar!
Contact me





