My native language is Afrikaans. One of the youngest and most modern languages in the world! On May 8, 2025, Afrikaans will celebrate its 100th year of being an officially recognised language in South Africa. But its history dates back to 1671 when the Dutch recorded that the language spoken in their Cape Colony no longer resembled the language they spoke at home.

When I started this blog, I translated many of my articles into English. But some are bound to the idiom used in Afrikaans, and without this idiomatic context, the reader cannot understand what I mean. For instance, I cannot translate "En ekke vir jou" into English. The direct translation would be: "And I for you", which makes no sense. (The protagonist actually meant: "And I love you too!")

Dutch readers, however, should be able to follow most of the text. If you did, share it with your friends on Facebook or contact me. It is always lovely to get some feedback.

Jak, Jors en Piet gaan jaag – en Stoffel is suur

© J. Francois Barnard – 4 Desember 2020

Met Lewies Hameltoontjie besig om aan te sterk nadat hy Tjienk-Griep onder lede gekry het, het twee ander jaers nou geleenthede gekry om om te wys waartoe hulle in staat is.

Williams F1 moes afstand doen van George Russell sodat hy in Lewis Hamilton se Mercedes W11 kan inklim. George is baie langer as Lewis, en pas maar styf in die kajuit in. Iemand het voorgestel dat hulle sy tone afsny om ontslae te raak van sy nommer 11 skoene, maar hy wil niks weet daarvan nie.

Dit laat natuurlik 'n gaping oop by Williams, en dis waar Jack Aitken inkom. Hy is vertroud met die Williams-span, en is tans ook betrokke in die F2-kampioenskap.

Nie almal is gelukkig oor hierdie skuiwe nie. Veral nie Stoffel nie. Stoffel Vandoorne is die amptelike reserwe van die Mercedes-span maar moes hoor dat hy oorgeslaan is in hierdie keuse. Hy het vantevore vir McLaren gery en het al 41 keer weggespring in 'n Formule 1 ren. Ek moet sê "weggetrek" en nie "weggespring" nie, want niks in 'n McLaren het daardie tyd gespring nie. Hulle was maar vrot!

jors jak piet stoffel

Emmerson Fittipaldi, 'n dubbel F1-wêreldkampioen, se kleinseun Pietro Fittipaldi gaan in die plek van Romain Grosjean jaag. Maar hoor wat sê Piet: "Ek gaan nou nie vir die beste span ry nie, maar hulle is wonderlike mense!" Ja, ons almal weet dit, Piet, maar jy sê dit nie! Dis soos om vir 'n vet meisie te sê sy lyk nie te watwonders nie, maar haar persoonlikheid is darem mooi.

Ek was verbaas dat hulle nie vir Mick Schumacher gevra het om in Romain se plek te ry nie. Hy gaan immers volgende jaar in die span wees. Maar toe hoor ek hy staan die kans om hierdie naweek die F2-kampioen te word. F2-kampioen of vir Haas ry? Ja-nee, ek dink hy doen die regte ding.

Ons wens Jak, Jors en Piet alle sukses toe! En Stoffel, moenie so suur wees nie!