My native language is Afrikaans. One of the youngest and most modern languages in the world! On May 8, 2025, Afrikaans will celebrate its 100th year of being an officially recognised language in South Africa. But its history dates back to 1671 when the Dutch recorded that the language spoken in their Cape Colony no longer resembled the language they spoke at home.

When I started this blog, I translated many of my articles into English. But some are bound to the idiom used in Afrikaans, and without this idiomatic context, the reader cannot understand what I mean. For instance, I cannot translate "En ekke vir jou" into English. The direct translation would be: "And I for you", which makes no sense. (The protagonist actually meant: "And I love you too!")

Dutch readers, however, should be able to follow most of the text. If you did, share it with your friends on Facebook or contact me. It is always lovely to get some feedback.

Sonde met die Honde - Ruben & Benjamin

© J. Francois Barnard – Maart 2014

Nou jy sal dit nie glo nie, maar ek was weer so dom gewees. 'n Donkie stamp nie sy kop tweemaal teen dieselfde klip nie, lui die spreekwoord. Ek is seker dommer as 'n donkie.

Ruben en Benjamin was twee Jack Russel boeties wat in 2005 by ons kom bly het. Net soos Face het hulle ook so mooi gespierd geword. Net soos Tienka het hulle alles in hulle vermoë gedoen om die tuin te verwoes. Gelukkig was die tuin darem nou meer gevestig gewees. Maar dit was 'n rowwe tyd by ons gewees.

Ons het Oorlede Pa net die vorige jaar begrawe. Skielik moes ek van Pretoria af 'n Messina-boerdery aan die gang hou, en derhalwe my rekenaarbesigheid sluit. Ons was ook toe besig om ons houthuis in Montanapark te sloop om 'n nuwe een te bou. Die twee klein hondjies het die huis waar ons tydelik geplak het se besproeing eerste opgekou, en daarna die mense se "Welkom" matjie verorber.

Die bouer van ons nuwe huis het vir Ruben gevat, en Benjamin het ek op die plaas op Messina gelos. So lief as wat ek vir die honde was het ek my voorgeneem om nie weer my hart oor hulle te breek nie.

'n Man kan ook net soveel vat... daarom het ek nou ‘n gemmerkat!