My native language is Afrikaans. One of the youngest and most modern languages in the world! On May 8, 2025, Afrikaans will celebrate its 100th year of being an officially recognised language in South Africa. But its history dates back to 1671 when the Dutch recorded that the language spoken in their Cape Colony no longer resembled the language they spoke at home.

When I started this blog, I translated many of my articles into English. But some are bound to the idiom used in Afrikaans, and without this idiomatic context, the reader cannot understand what I mean. For instance, I cannot translate "En ekke vir jou" into English. The direct translation would be: "And I for you", which makes no sense. (The protagonist actually meant: "And I love you too!")

Dutch readers, however, should be able to follow most of the text. If you did, share it with your friends on Facebook or contact me. It is always lovely to get some feedback.

Baron von Münchhausen

© J. Francois Barnard - 1 Desember 2022

Ek sit hier op my stoep en eet die kersies wat ek by Woolies gekoop het. Die harde pitte land in ‘n bakkie en my gedagtes gaan terug na der Lügenbaron wat seker in Suid Afrika as Karel Grootlieg bekend sou staan.

Die baron het in die 18e eeu saam met die Russe teen die Turke geveg, en was in ‘n penarie toe hy baie vinnig baie ver moes reis om die vyand te verslaan. Hy het toe op ‘n kanonkoeël geklim wat hulle afgeskiet het na die vyand toe.

munchhausenOppad soontoe wonder hy hoe hy die terugreis sou moes aanpak. Die geleentheid het gekom toe die Turke ‘n kanonkoeël na die Russe afgevuur het - hy het eenvoudig toe maar oorgeklim en teruggevlieg na sy eie linies toe.

Soos Jona het hy ook eenkeer in ‘n walvis se maag gereis in die Middellandse See, en soos Crocodile Dundee het hy ‘n krokodil toegetakel. Maar sy krokodil was veertig voet lank.

Op ‘n jagtog het hy op ‘n takbok afgekom, maar sy ammunisie was klaar. Baron von Münchhausen het pas ‘n kersie klaar geëet, en toe sy geweer met ‘n kersiepit gelaai. Hy het geskiet, maar tot sy teleurstelling het die bok weggekom. ‘n Jaar later was hy weer in dieselfde woud waar hy weer die groot takbokbul raakgeloop het. Hierdie keer het die bok se horings gekreun so swaar het hulle aan die kersies gedra!

Die Duitse swendellaar wat die Münchhausen Geschichten geskryf het, Rudolf Erich Raspe, het vir die gereg gevlug en in Engeland gaan woon. Hy het nooit sy naam aan sy stories gekoppel nie uit vrees vir die regte Hieronymus Karl Friedrich, Freiherr von Münchhausen. Die regte baron was bekend vir sy tong-in-die-kies vertellinge oor die oorlog tussen Rusland en Turkye, maar wou nie as der Lügenbaron (Baron van Leuens) bekend word nie.

Daar was geen internet nie, en daarom het dit meer as ‘n honderd jaar geneem voordat die waarheid eindelik uitgekom het. Maar, soos my oorlede Oom Michiel gesê het, jy moet ook nou nie toelaat dat ‘n paar feite ‘n goeie storie opdons nie!