My native language is Afrikaans. One of the youngest and most modern languages in the world! On May 8, 2025, Afrikaans will celebrate its 100th year of being an officially recognised language in South Africa. But its history dates back to 1671 when the Dutch recorded that the language spoken in their Cape Colony no longer resembled the language they spoke at home.

When I started this blog, I translated many of my articles into English. But some are bound to the idiom used in Afrikaans, and without this idiomatic context, the reader cannot understand what I mean. For instance, I cannot translate "En ekke vir jou" into English. The direct translation would be: "And I for you", which makes no sense. (The protagonist actually meant: "And I love you too!")

Dutch readers, however, should be able to follow most of the text. If you did, share it with your friends on Facebook or contact me. It is always lovely to get some feedback.

Die Doring in die Vlees

© J. Francois Barnard - 2 Julie 2024

Ek het jare lank 'n oplossing gesoek vir my Doring in die Vlees: Jig. Dit het gemaak dat ek lemoen, biltong, droëwors en sulke lekker winterkosse nie kan eet nie. Die gewone kroniese medikasie van die dokters werk ook nie vir hierdie lyf nie. In plaas daarvan dat dit die doring uittrek, druk dit hom dieper in en gee hom 'n draai vir dramatiese effek.

Doring in die VleesMaar toe ontdek ek 'n handvol bymiddels om by die gewone 15W40 olie te gooi sodat die gewrigte weer reg kan werk: 'n Vitamine D3 gevolg deur K2 wat help om D3 te absorbeer. Voeg by Magnesium Glycinyte en sit die kersie op die cocktail met 'n Boswelia kapsule, en siedaar! Oom Fransie eet weer biltong en droëwors, maar vir veiligheid vermy ek nog steeds die lemoene - oftewel die Lamoen soos wat ons huis se binnegrappie dit noem.

En alles het vir maande lank 100% reg gewerk. Tot vanoggend toe.

Met wakkerword het die Doring in die Vlees my aandag gehad. Ek het dadelik die fout gaan soek by gister se menu. Eerste was dit koffie en beskuit, gevolg deur twee cuppachinos in 'n vergadering, afgerond met 'n hoender en noedelslaai in die aand. Geen verbode vrugte nie, maar tog word ek wakker met ou Jig wat weer op sy gemakstoel sit in my regterenkel.

Die Doring in die Vlees het my net kom herrinner dat ek mens is en kwesbaar daarby. Ek mag nie onverskillig staan teenoor my lyf nie. Ek moet mooi luister as hy fluister en versigtig te werk gaan om nie enige balanse te versteur nie. Drink baie water, stap gereeld, en meer belangrik - lag gereeld. As jy nie lag nie trek jou lyf ampere wat sy battery nie voor gelaai is nie.

Sodoende word die Doring in die Vlees weer 'n Dons in die Vlees!