My native language is Afrikaans. One of the youngest and most modern languages in the world! On May 8, 2025, Afrikaans will celebrate its 100th year of being an officially recognised language in South Africa. But its history dates back to 1671 when the Dutch recorded that the language spoken in their Cape Colony no longer resembled the language they spoke at home.

When I started this blog, I translated many of my articles into English. But some are bound to the idiom used in Afrikaans, and without this idiomatic context, the reader cannot understand what I mean. For instance, I cannot translate "En ekke vir jou" into English. The direct translation would be: "And I for you", which makes no sense. (The protagonist actually meant: "And I love you too!")

Dutch readers, however, should be able to follow most of the text. If you did, share it with your friends on Facebook or contact me. It is always lovely to get some feedback.

Mamba

© J. Francois Barnard – 30 Augustus 2025

Oupa Daan kyk na sy kleinseun wat terugsit op die rusbank. Hy is bruin gebrand, maar waar die regter sokkie afsak op die kort stewel, is die vel spierwit.

“Jy sê jy is nou ‘n natuurbewaringskonsultant?” vis Oupa Daan uit.

“Ja, Oupa, maar nie net ek nie, Thinus ook.”

Dis nie wat hulle ma gesê het van sy twee kleinseuns se nuwe werk nie, maar hy wil hê Bertus moet self vertel.

“Nou vertel my wat ‘n natuurbewaringskonsultant doen?”

Ouma Nellie kyk op van die lappieskombers waaraan sy werk. Sy loer na haar horlosie, gooi die naaldwerk eenkant toe en stap na die kombuis. “Praat maar, my Kind. Ouma luister hier van die stoof af.” Sy begin te werskaf, maar mis niks wat Bertus sy oupa vertel nie.

“‘n Natuurbewaringskonsultant help die publiek in landelike gebiede om die kontak tussen mens en dier so maklik moontlik te maak…”

asbak Vir Oupa Daan klink dit of sy kleinseun hierdie definisie vir eksamendoeleindes geleer het. Vir iemand wat nooit van eksamens gehou het nie, het Bertus nou eintlik goed gedoen.

“Ja?”, por hy hom aan.

“Die mens se ontwikkelings dring die diere se habitat binne, en dan moet ons sorg dat die diere mooi verplaas word sonder dat hulle skade lei.”

Sy kleinseun het die teorie mooi geleer, dink Oupa Daan. Dis meer as wat hy vir matriek gedoen het.

“Maar hoe werk dit in praktyk?”

“Oupa,” Bertus lyk eintlik verlig dat hy hierdie teorie agter hom kan los, “ons het byvoorbeeld nou die dag ‘n bosvark gekry wat binne ‘n bouperseel vasgekeer was. Die bouers kon nie werk voordat ons hom nie eers kom vang het en in die veld gaan loslaat het nie.”

“Jy het gaan varkvang?”, vra Oupa Daan geamuseerd.

“Dis nie so eenvoudig nie, Oupa,” protesteer Bertus, “ons moes hom verdoof, wag tot hy kalmeer, en toe hom koel hou terwyl ons hom vervoer na waar ons hom op ‘n plaas langs die Mogol losgelaat het.”

“Ek sou dink dis vinniger om hom te skiet, af te slag en ribbetjies vir middagete te braai!”

“Nee, Oupa! Dis mos nie bewaring nie! As ons alles moet skiet wat pla doen ons meer skade.”

“Nou was daar ‘n rekening gegee vir die soort werk?”

“Ja, Oupa! Die bouer moes R6500 betaal vir ons dienste. Dis vir die verdowingspyltjie, die veearts wat uitgekom het, die arbeid en vervoer van die dier.”

Oupa Daan is beïndruk. “Nou wat vang julle nog?”

“Reptiele, Oupa.”

Nou kom ons by die waarheid uit, dink Oupa Daan. Dis wat sy dogter hom vertel het. “My seuns vang slange, Pa! Ek gril my dood. Die ergste is, hulle hóú daarvan!”

“Watter reptiele?” hou Oupa Daan hom dom.

“Meestal slange, Oupa. Thinus en Oom Deon het nou die dag ‘n luislang onder ‘n Hilux se enjinkap uitgehaal.”

“En jy?”

“Ag, ek het nou die dag by Matimba ‘n rinkhals uit ‘n stoorkamer moes gaan haal. Die vrou wat op hom afgekom het, het haarself nat gepiepie.”

Oupa Daan lag, en Ouma Nellie se gesig sê sy dink nie dis snaaks nie.

“Maar is dit nie gevaarlik nie?” vra Ouma.

“Ja, Ouma, maar ons is baie goed opgelei,” sê Bertus trots. “Oom Deon het baie streng roetines en prosedures in plek, en solank ons daarby bly, is dit eintlik veilig.”

Maar die laaste sin sê hy met minder oortuiging en vryf oor ‘n letsel op sy linkerarm.

“Wat het daar gebeur?” vra Oupa Daan.

“Ag, Oupa, sommer ‘n dom ding. Thinus en Oom Deon was al drie-uur die oggend uit om ‘n luislang uit ‘n gastehuis se dak op ‘n plaas by Swartwater te gaan haal. Ek was alleen op kantoor en doen toe die gewone roetine goed. Ons het slange in hokke wat gevoer moet word. Hulle eet min en ons moet van alles boekhou. En dan is daar die slange wat gemelk moet word om teengif te maak.”

“Jy moet slange melk?” laat Ouma hoor.

“Ouma, hulle het nie tieties wat ek moet melk nie. Ek….”

“Moet jou nou nie stuitig hou nie, Kind! Ek weet wat jy bedoel. En dis gevaarlik!”

“Ja, ons het ‘n jongerige swart mamba in ‘n hok gehad wat weer gemelk moes word, en ek het die laai oopgetrek en hom mooi eenkant gehou. Maar toe raas ‘n boskraai hier reg by my op die vensterbank en trek my aandag af. Dis toe wat ek ‘n pyn op my linkerarm voel waar hy my gebyt het.”

“Genugtig!” sê Oupa Daan.
“My Kind!” sê Ouma Nellie.

Bertus vertel verder: “Maar dis daar waar ons opleiding inskop, en ek weet ek moet kalm bly. Ek sit toe die slang weer mooi terug in die hok en stoot dit toe. Toe gaan sit ek by die tafel en stuur ‘n teksboodskap na die ander toe. Ons het sagteware op ons selfone wat ‘n noodsein kan uitstuur. Jy kies “slangbyt,” “swart mamba” en “kantoor,” en dan ontspan jy. Hoe kalmer jy bly, hoe beter is jou kans op oorlewing. Ek het geweet dat Oom Deon en Thinus klaar oppad is kantoor toe en dat die nooddienste ook verwittig is. Toe sit ek rustig, steek ‘n sigaret op om my senuwees te kalmeer, en wag.”

‘n Lepel tref die pan in die kombuis en Oupa Daan en Bertus wip soos hulle skrik.

“WAT???”, skree Ouma Nellie, “ROOK JY!?!”