My native language is Afrikaans. One of the youngest and most modern languages in the world! On May 8, 2025, Afrikaans will celebrate its 100th year of being an officially recognised language in South Africa. But its history dates back to 1671 when the Dutch recorded that the language spoken in their Cape Colony no longer resembled the language they spoke at home.

When I started this blog, I translated many of my articles into English. But some are bound to the idiom used in Afrikaans, and without this idiomatic context, the reader cannot understand what I mean. For instance, I cannot translate "En ekke vir jou" into English. The direct translation would be: "And I for you", which makes no sense. (The protagonist actually meant: "And I love you too!")

Dutch readers, however, should be able to follow most of the text. If you did, share it with your friends on Facebook or contact me. It is always lovely to get some feedback.

My Skoonma, Oom Hugo, en Johnnie Walker

© J. Francois Barnard - 31 Mei 2024

Ek het sopas 'n noodoproep van die Rennaissance Aftreeoord gekry. Skoonma se buurman, Oom Hugo, amper 80 en 'n afgetrede veearts, het vanoggend sy Honda CRV se battery laat vervang. Nou is Radio Sonder Grense skoonveld.

My eie CRV het 'n kaartjie met 'n sekuriteitskode wat jy eers moet insleutel voordat die radio sal werk. Ons soek hoog en laag vir sy kaartjie met so 'n kode, maar kry niks. Op die ou end sê ek dat ek myne se kode sal probeer om te sien of 'n vloekskoot dalk sal werk.

Ek sit die radio aan, maar hy vra nie vir 'n kode nie. Die ding werk heeltemal anders as myne. Ek draai die volume op en 'n geruis kom oor die luidsprekers. Oom Hugo het nooit die volume opgedraai nie.

"RSG moet op drie wees", sê Oom Hugo.

Maar ek weet dat die geprogrameerde knoppies hulle verstelling sou verloor het nadat die battery ontkoppel was. Ek soek toe vir RSG, druk knoppie drie en hou dit in. RSG werk nou reg, en ek stel sommer ander gewilde stasies ook in.

"Die afstandmeter moet wys hoeveel kilometers die kar op het." sê Oom Hugo en ek soek daarvoor op 'n CRV wat 'n baie later model is as myne. Ek kyk met verlange na die ongeveer 80,000km op sy meter. Myne, met 360,000km op die klok, sal hierdie nommertjie nooit weer sien nie.

"Die horlosie is ook verkeerd," sê Oom Hugo toe hy sien ek vang spoed.

 

Whisky"Ag, baie dankbaar!" sê Oom Hugo, "drink jy whisky?"

En dis hier wat my skoonma intjip: "My skoonseun drink NIKS!"

Die dierbaarheid vanself, my ou skoonmoeder.

"Het jy nie vriende wat whisky drink nie?" probeer oom Hugo weer, maar voordat my skoonma haar oor my vriendekring uitlaat praat ek die hele klomp suiplappe so sleg dat ek nou 'n bottel whisky ryker is.

Johnnie Walker Black Label nogal!