Sonde met die Honde - Piet
© J. Francois Barnard – 21 Maart 2014
Oorlede Pa se groot Bull Mastiff, Piet, het eendag ernstig siek geword. Op aandrang van die familie se "kenners" moes die arme siek hond al die pad van Messina af Krugerdorp toe kom om deurgehaal te word. Na sy doktersbehandeling in Krugersdorp was ons huis in Montanapark sy eerste pitstop gewees.
Sommerso
© J. Francois Barnard - 11 Augustus 2021
En sommerso kom die son toe op vanoggend. So asof gister, 10 Augustus, nie 'n dag van slegte nuus was nie. En sommerso pynig die jig my voet, maar hierdie keer op 'n nuwe plek. Sommerso. My selfoon gons hier op my bedkassie soos wat die bank aankondig dat daar weer tolhektransaksies was. Tolhekke. Hulle gaan vanoggend weer op en af. Motors vloei uit die woonbuurt werk toe. Taxis bring werkers in. Sommerso.
Eendracht maakt mij lacht!
© J. Francois Barnard – 1 Mei 2014
Doerie jare, toe Vanmelewe nog Onlangs was, toe die Dooie See nog net siek was, en die Apostolies nog 'n sekte was....
Sonde met die Honde - Tienka
© J. Francois Barnard – 15 Maart 2014
Tienka was 'n pragtige, rooibruin Rhodesiese rifrug gewees. Sy was ook nog jonk toe sy by ons gekom het. Maar ons tuin was ook jonk, en 'n jong tuin en 'n jong hond werk nie saam nie.
Protokol
© J. Francois Barnard – 9 Augustus 2021
In elke groepering waar ons beweeg, kyk ons wat om ons aangaan, en tel ons die protokol van die omgewing op. Dan tree ons op binne die riglyne wat ons vind, en meestal verloop die lewe vredevol. Dit is die teorie, maar soms in praktyk werk dit anders.
En Ekke vir Jou
© J. Francois Barnard – 4 Oktober 2014
Die winter van 1983 wat besonders koud gewees in die Vrystaat. Dit het laat nog gereën, en ons tente op De Brug was sopnat en deurweek gewees. Toe die sneeu by Colesberg val en die wind vandaar af oor die vlaktes waai, het ons nat tente kliphard gevries.
Sonde met die Honde - Venus
© J. Francois Barnard – Maart 2014
Venus was 'n Staffordshire terrier wat van die plaas af by ons kom aftree het. Oorlede Pa het haar van die plaas af gebring en verduidelik dat sy Bull Mastiff teef kleintjies gekry het. Elke keer as Venus belangstellend na die nuwe hondjies kom kyk het, het die Bull Mastiff Venus haar aangeval en stukkend gebyt.
Die Kroonvirus
© J. Francois Barnard - 24 Julie 2021
Die Kroonvirus het nou al by almal van ons opgedaag. Maar ons gee hom nie 'n kans om 'n kroon te dra en oor ons te troon nie. Ons weerstaan hom met alles wat ons het. Met gebed, met entstowwe, met ivermektien.
Hy loop rond en steel waar hy kan. Baie mense huil, baie bid, maar ons hou aan met stry teen hom.
Hondename
© J. Francois Barnard – 5 Augustus 2018
As jy ooit oorweeg het om jou honde na my toe bring om opgepas te word terwyl jy vakansie hou, onthou tog om my te sê wat die goed se name is?
Sonde met die Honde - Jossie
© J. Francois Barnard – Maart 2014
Nadat ek van Twak-brak ontslae geraak het – sien The Sad Case of Twak – moes ek dringend weer ‘n hond aanskaf. Die rede: Ons het in Montanapark gewoon wat in die 1990’s ‘n brandpunt van kriminele aktiwiteite was.
My Liewe Oom Michiel
© J. Francois Barnard - 18 Julie 2021
Verlede Maandag is my liewe Oom Michiel Greyling oorlede. Nege jaar my oorlede ma se junior, en op 80 het hy nou ook die tuig neergelê. Ek het soveel mooi herinneringe aan hom. Hy het soveel mense se lewens aangeraak op sy eie manier met sy humor, vernuf, en ja, ook al sy korrelkopgeite.
Moord in Muckleneuk
© J. Francois Barnard – 10 Maart 2014
Ek was 6 jaar oud toe ek ‘n moordenaar geword het. Dis wat Cecilia en Adam my genoem het - ‘n moordenaar. Met ‘n terugblik vandag sou ek dit nie moord noem nie. Miskien manslag. Maar in elk geval, ek het weggekom daarmee! Of het ek?
Thom met een “Tei” en een “Ha”
© J. Francois Barnard - 13 Junie 2013
“Ik ben Thom Postma, met een 'Tei' en een 'Ha'!”, het Thom homself aan Pa voorgestel. Dit was in die middel vyftigerjare waar Pa as 'n jong meganiese ingenieur by die Spoorweg begin werk het.
Karkoop
© J. Francois Barnard – 2 Desember 2020
Ek is dalk ‘n bietjie van ‘n petrolkop, en ‘n blink, nuwe wa laat my kwyl. Maar na aanleiding van wat ek die laaste tyd oor elektriese motors lees en sien, wonder ek of ek nie binnekort ‘n vonkkop gaan wees nie?
Oom Dieks en sy Verlore Skapie
© J. Francois Barnard – 2 Februarie 2010
Oom Dieks was die Volle Evangelie Kerk se pastoor op Leeudoringstad in die ou Wes-Transvaal. Hy was 'n lang, statige man, wat sy amp met waardigheid gedra het. Al het die gereformeerdes gemaak asof hulle nou nie veel erg het aan die pinksterman nie, het hy tog baie respek by hulle almal afgedwing.
Affie Vriendskap
© J. Francois Barnard - 4 Junie 2022
Tussen 1978 en 1982 het ons skouergeskuur en vriendskapsbande gesmeë wat vandag, meer as veertig jaar later, nog steeds gekoester en onderhou word. As die laaste jaargroep van die sogenaamde Baby Boomer generasie, het ons 'n geweldige verskeidenheid eras en seisoene beleef.
Die Troosbrak
© J. Francois Barnard – September 2010
Whiskey het op so 'n 8 of 9 maande ouderdom by ons aangekom in 1973. Sy verjaardag was 22 Mei, net drie dae na my eie verjaardag. Hy was 'n Golden Cocker Spaniel, maar ietwat groter as die gewone spanjoel omdat daar seker êrens van 'n sypaadjie af 'n bietjie Labrador-bloed ook ingesluip het.
Opstaantyd - Die Barnards van Rustenburg
© J. Francois Barnard – 12 Februarie 2014
Die jaar 1904 het die Afrikaner vuisvoos en platgeslaan bevind. Maar die geskiedenis leer ons dat hy weer vining opgestaan het. Alhoewel die vredesverdrag op papier geteken was, het die vrede in die kop egter nie so gou gekom nie. ‘n Paar staaltjies uit my eie familiegeskiedenis skilder vir ons prentjies uit daardie tyd.
My Oupagrootjie van Rustenburg was ‘n perdeboer....
Poerie
© J. Francois Barnard - 5 Junie 2022
Liewe Meneer Poerie,
Moet my asseblief nie moer nie?
My boude is gaar,
En my Biologie-taak is nie klaar!
Opstaantyd - Die Greylings van Standerton
© J. Francois Barnard – 11 Februarie 2014
Die jaar 1904 het die Afrikaner vuisvoos en platgeslaan bevind. Maar die geskiedenis leer ons dat hy weer vining opgestaan het. Alhoewel die vredesverdrag op papier geteken was, het die vrede in die kop egter nie so gou gekom nie. ‘n Paar staaltjies uit my eie familiegeskiedenis skilder vir ons prentjies uit daardie tyd.
My Oupa Kootjie Greyling was so vier jaar oud toe die Oorlog in 1899 uitgebreek het...
Opstaantyd - Die Horns van Morgenzon
© J. Francois Barnard – 10 Februarie 2014
Die jaar 1904 het die Afrikaner vuisvoos en platgeslaan bevind. Maar die geskiedenis leer ons dat hy weer vining opgestaan het. Alhoewel die vredesverdrag op papier geteken was, het die vrede in die kop egter nie so gou gekom nie. ‘n Paar staaltjies uit my eie familiegeskiedenis skilder vir ons prentjies uit daardie tyd.
Nadat die Standerton Konsentrasiekamp se hekke na afloop van die oorlog weer oopgegaan het...
Kat en Heksie
© J. Francois Barnard – 26 Augustus 2021
Hoe sê 'n mens koebaai vir Kat en Heksie? Die twee supermense wat sedert 1980 help vorm het aan my lewe, en aan honderde ander nes ek. Twee mense wat sagte voetspore in jou hart kom trap en dan net deernis agterlaat.
Die Operasie
© J. Francois Barnard – 15 Februarie 2014
Jare terug open die 5:55 manne byeenkoms soos gewoonlik weer met ‘n yskraker: “Sê jou naam en die laaste operasie wat jy ondergaan het.”
Contact me





