My native language is Afrikaans. One of the youngest and most modern languages in the world! On May 8, 2025, Afrikaans will celebrate its 100th year of being an officially recognised language in South Africa. But its history dates back to 1671 when the Dutch recorded that the language spoken in their Cape Colony no longer resembled the language they spoke at home.

When I started this blog, I translated many of my articles into English. But some are bound to the idiom used in Afrikaans, and without this idiomatic context, the reader cannot understand what I mean. For instance, I cannot translate "En ekke vir jou" into English. The direct translation would be: "And I for you", which makes no sense. (The protagonist actually meant: "And I love you too!")

Dutch readers, however, should be able to follow most of the text. If you did, share it with your friends on Facebook or contact me. It is always lovely to get some feedback.

Poerie

© J. Francois Barnard - 5 Junie 2022

Liewe Meneer Poerie,
Moet my asseblief nie moer nie?
My boude is gaar,
En my Biologie-taak is nie klaar!

Kat en Heksie

© J. Francois Barnard – 26 Augustus 2021

Hoe sê 'n mens koebaai vir Kat en Heksie? Die twee supermense wat sedert 1980 help vorm het aan my lewe, en aan honderde ander nes ek. Twee mense wat sagte voetspore in jou hart kom trap en dan net deernis agterlaat.

Protokol

© J. Francois Barnard – 9 Augustus 2021

In elke groepering waar ons beweeg, kyk ons wat om ons aangaan, en tel ons die protokol van die omgewing op. Dan tree ons op binne die riglyne wat ons vind, en meestal verloop die lewe vredevol. Dit is die teorie, maar soms in praktyk werk dit anders.

Maar kom ons praat nie vandag oor die protokol van jy sal nie steel nie, en jy sal nie hoogverraad pleeg nie – jy weet mos, al daardie protokol wat ons parlement van vergeet het.

Sommerso

© J. Francois Barnard - 11 Augustus 2021

En sommerso kom die son toe op vanoggend. So asof gister, 10 Augustus, nie 'n dag van slegte nuus was nie. En sommerso pynig die jig my voet, maar hierdie keer op 'n nuwe plek. Sommerso. My selfoon gons hier op my bedkassie soos wat die bank aankondig dat daar weer tolhektransaksies was. Tolhekke. Hulle gaan vanoggend weer op en af. Motors vloei uit die woonbuurt werk toe. Taxis bring werkers in. Sommerso.

Die Kroonvirus

© J. Francois Barnard - 24 Julie 2021

Die Kroonvirus het nou al by almal van ons opgedaag. Maar ons gee hom nie 'n kans om 'n kroon te dra en oor ons te troon nie. Ons weerstaan hom met alles wat ons het. Met gebed, met entstowwe, met ivermektien.

Hy loop rond en steel waar hy kan. Baie mense huil, baie bid, maar ons hou aan met stry teen hom.