Sommerso
© J. Francois Barnard - 11 Augustus 2021
En sommerso kom die son toe op vanoggend. So asof gister, 10 Augustus, nie 'n dag van slegte nuus was nie. En sommerso pynig die jig my voet, maar hierdie keer op 'n nuwe plek. Sommerso. My selfoon gons hier op my bedkassie soos wat die bank aankondig dat daar weer tolhektransaksies was. Tolhekke. Hulle gaan vanoggend weer op en af. Motors vloei uit die woonbuurt werk toe. Taxis bring werkers in. Sommerso.
Die Troosbrak
© J. Francois Barnard – September 2010
Whiskey het op so 'n 8 of 9 maande ouderdom by ons aangekom in 1973. Sy verjaardag was 22 Mei, net drie dae na my eie verjaardag. Hy was 'n Golden Cocker Spaniel, maar ietwat groter as die gewone spanjoel omdat daar seker êrens van 'n sypaadjie af 'n bietjie Labrador-bloed ook ingesluip het.
Hondename
© J. Francois Barnard – 5 Augustus 2018
As jy ooit oorweeg het om jou honde na my toe bring om opgepas te word terwyl jy vakansie hou, onthou tog om my te sê wat die goed se name is?
Protokol
© J. Francois Barnard – 9 Augustus 2021
In elke groepering waar ons beweeg, kyk ons wat om ons aangaan, en tel ons die protokol van die omgewing op. Dan tree ons op binne die riglyne wat ons vind, en meestal verloop die lewe vredevol. Dit is die teorie, maar soms in praktyk werk dit anders.
Opstaantyd - Die Greylings van Standerton
© J. Francois Barnard – 11 Februarie 2014
Die jaar 1904 het die Afrikaner vuisvoos en platgeslaan bevind. Maar die geskiedenis leer ons dat hy weer vining opgestaan het. Alhoewel die vredesverdrag op papier geteken was, het die vrede in die kop egter nie so gou gekom nie. ‘n Paar staaltjies uit my eie familiegeskiedenis skilder vir ons prentjies uit daardie tyd.
My Oupa Kootjie Greyling was so vier jaar oud toe die Oorlog in 1899 uitgebreek het...
Moord in Muckleneuk
© J. Francois Barnard – 10 Maart 2014
Ek was 6 jaar oud toe ek ‘n moordenaar geword het. Dis wat Cecilia en Adam my genoem het - ‘n moordenaar. Met ‘n terugblik vandag sou ek dit nie moord noem nie. Miskien manslag. Maar in elk geval, ek het weggekom daarmee! Of het ek?
Die Kroonvirus
© J. Francois Barnard - 24 Julie 2021
Die Kroonvirus het nou al by almal van ons opgedaag. Maar ons gee hom nie 'n kans om 'n kroon te dra en oor ons te troon nie. Ons weerstaan hom met alles wat ons het. Met gebed, met entstowwe, met ivermektien.
Hy loop rond en steel waar hy kan. Baie mense huil, baie bid, maar ons hou aan met stry teen hom.
Die Operasie
© J. Francois Barnard – 15 Februarie 2014
Jare terug open die 5:55 manne byeenkoms soos gewoonlik weer met ‘n yskraker: “Sê jou naam en die laaste operasie wat jy ondergaan het.”
Oom Dieks en sy Verlore Skapie
© J. Francois Barnard – 2 Februarie 2010
Oom Dieks was die Volle Evangelie Kerk se pastoor op Leeudoringstad in die ou Wes-Transvaal. Hy was 'n lang, statige man, wat sy amp met waardigheid gedra het. Al het die gereformeerdes gemaak asof hulle nou nie veel erg het aan die pinksterman nie, het hy tog baie respek by hulle almal afgedwing.
My Liewe Oom Michiel
© J. Francois Barnard - 18 Julie 2021
Verlede Maandag is my liewe Oom Michiel Greyling oorlede. Nege jaar my oorlede ma se junior, en op 80 het hy nou ook die tuig neergelê. Ek het soveel mooi herinneringe aan hom. Hy het soveel mense se lewens aangeraak op sy eie manier met sy humor, vernuf, en ja, ook al sy korrelkopgeite.
Eendracht maakt mij lacht!
© J. Francois Barnard – 1 Mei 2014
Doerie jare, toe Vanmelewe nog Onlangs was, toe die Dooie See nog net siek was, en die Apostolies nog 'n sekte was....
Opstaantyd - Die Barnards van Rustenburg
© J. Francois Barnard – 12 Februarie 2014
Die jaar 1904 het die Afrikaner vuisvoos en platgeslaan bevind. Maar die geskiedenis leer ons dat hy weer vining opgestaan het. Alhoewel die vredesverdrag op papier geteken was, het die vrede in die kop egter nie so gou gekom nie. ‘n Paar staaltjies uit my eie familiegeskiedenis skilder vir ons prentjies uit daardie tyd.
My Oupagrootjie van Rustenburg was ‘n perdeboer....
Karkoop
© J. Francois Barnard – 2 Desember 2020
Ek is dalk ‘n bietjie van ‘n petrolkop, en ‘n blink, nuwe wa laat my kwyl. Maar na aanleiding van wat ek die laaste tyd oor elektriese motors lees en sien, wonder ek of ek nie binnekort ‘n vonkkop gaan wees nie?
En Ekke vir Jou
© J. Francois Barnard – 4 Oktober 2014
Die winter van 1983 wat besonders koud gewees in die Vrystaat. Dit het laat nog gereën, en ons tente op De Brug was sopnat en deurweek gewees. Toe die sneeu by Colesberg val en die wind vandaar af oor die vlaktes waai, het ons nat tente kliphard gevries.
Opstaantyd - Die Horns van Morgenzon
© J. Francois Barnard – 10 Februarie 2014
Die jaar 1904 het die Afrikaner vuisvoos en platgeslaan bevind. Maar die geskiedenis leer ons dat hy weer vining opgestaan het. Alhoewel die vredesverdrag op papier geteken was, het die vrede in die kop egter nie so gou gekom nie. ‘n Paar staaltjies uit my eie familiegeskiedenis skilder vir ons prentjies uit daardie tyd.
Nadat die Standerton Konsentrasiekamp se hekke na afloop van die oorlog weer oopgegaan het...
Contact me





